Oud-president Jacob Zuma sal oor “Helen Zille se dooie liggaam” die parlementopening bywoon. Dit is luidens Nhlamulo Ndhlela, die waarneemde woordvoerder van die uMkhonto weSizwe-party (MK-party), nadat ‘n uitnodiging aan Zuma gerig is om Donderdag se verigtinge by te woon.
Maroela Media berig Ndhlela het bygevoeg dat diegene wat gedink het Zuma sou bywoon hopeloos van die werklikheid verwyder is.
Die MK-party maak geen geheim daarvan dat hulle nie ooghare vir Zille, die voorsitter van die DA se federale raad, het nie. Verder weier die party ook om in enige vorm van regering waarvan sy deel is, deel te vorm. Weens sy tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof mag Zuma nie as parlementslid dien nie.