Oudpresident Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, staan tereg op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme in verband met die Julie 2021-onluste – waartydens meer as 350 mense dood is.

News24 berig sy verskyn Donderdag in die Durbanse Landdroshof, waar sy ingevolge Artikel 14 van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie van Terrorisme en Verwante Aktiwiteite aangekla word.

Dit spruit uit die Forensics for Justice se strafregtelike klag. Forensics for Justice se Paul O’Sullivan het ’n uitgebreide forensiese verslag aan die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig, waarin Zuma-Sambudla se plasings op sosiale media tydens die onluste ontleed word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×