Die Verkiesingskommissie sê oud-president Jacob Zuma se foto sal op stembriewe bly, al is sy naam verwyder as ‘n kandidaat van die MK-party.
Dit volg op ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die kommissie se rol uitklaar oor kandidate vir die Nasionale Vergadering.
Die hof het beslis Zuma kan nie terugkeer na die Parlement nie, omdat hy tot 15-maande tronkstraf gevonnis is vir minagting van die hof.