Zuma se inhegtenisneming word as ‘n oorwinning vir demokrasie geloof

Oudpresident Jacob Zuma se inhegtenisneming en die begin van sy tronkstraf is wyd deur organisasies en politieke partye as ‘n oorwinning vir demokrasie en die oppergesag van die reg geloof.

Volgens Netwerk 24 is die DA, VF-Plus, IVP, Good-party, Action SA en Outa onder diegene wat die nuutste verwikkelinge rondom Zuma verwelkom het.

Intussen word berig dat die Estcourt-gevangenis, waar Zuma sy 15 maande tronkstraf sal uitdien, deur inwoners as die “paleis van tronke” beskryf word.

Die tronk is in 2019 heropen, nadat dit herbou is teen ‘n koste van ongeveer R380-miljoen.

Luister na potgooie hieronder