Zuma se mediese verslag sal vir eers vertroulik bly

Oudpresident Jacob Zuma se militêre dokters het verlede week ‘n verslag ingedien oor sy geskiktheid om wel verhoor te word.

‘n Regskenner het bevestig dat die verslag vir eers vertroulik sal bly, en slegs vir die oë van regter Piet Koen bedoel is.

Die mediese verslag hou verband met die hooggeregshofsaak, wat alreeds jare lank duur, waarin Zuma en Thales, die Franse wapenvervaardiger, op 16 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwasssery en rampokkery teregstaan.

Die verhoor sal op 9 September voortgaan.

Luister na potgooie hieronder