Oudpresident Jacob Zuma se poging om staatsadvokaat Billy Downer en die joernalis Karyn Maughan privaat te vervolg, is vanoggend deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg van die rol geskrap.

TimesLive berig die stap volg ná verskeie mislukte appèl-aansoeke deur die oudpresident. Zuma het in 2022 met ‘n private vervolgingsproses teen Downer en Maughan begin. Hy beweer dat inligting oor sy korrupsiesaak deur Downer aan die joernalis gelek is.

Zuma voer aan die inligting wat na sy bewering uitgelek is, sluit onder meer ‘n siekbrief van sy doktors in. Advokaat Downer is hoofaanklaer vir die staat in Zuma se korrupsiesaak. Dié saak wat reeds jare lank sloer, hou verband met ‘n multimiljardrand-wapentransaksie in 1999, met die Franse wapenmaatskappy, Thales.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×