Zuma se vrylating deur Ramaphosa goedgekeur

Die kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, is glo deur pres. Cyril Ramaphosa die groen lig gegee om oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese-parool te bewerkstellig.

Volgens City Press het twee bronne aan hulle gesê dat Fraser die president geraadpleeg het voordat hy besluit het om Zuma mediese parool toe te ken.

Intussen word berig dat ’n senior ANC-leier in KwaZulu-Natal gesê het dat Fraser vat die pak namens die party.

Luidens die leier was daar ’n opdrag van bo, om Zuma vry te laat. Die leier het verder gesê toe Zuma in hegtenis geneem is, het almal geweet hy gaan vrygelaat word voor sy termyn verby is. Volgens die leier was dit alles deel van ’n plan en dat daar al lankal op die plan besluit was.

Luister na potgooie hieronder