Alle grond wat sedert Jan van Riebeeck se aankoms ontneem is, moet ter wille van vrede in Suid-Afrika aan die oorspronklike eienaars  terugbesorg word, het oud-pres Jacob Zuma gesê. Volgens Netwerk 24 het Zuma die mondelinge boodskap namens die Jacob G Zuma Stigting oor die onteieningswet voor die Nasionale Raad vir Provinsies gelewer. Zuma het gesê hy en sy stigting het die wetsontwerp verwerp omdat dit nie grond wat voor 1913 van swart mense weggeneem is, aanspreek nie. Die onteieningswetsontwerp is reeds verlede jaar deur die Nasionale Vergadering goedgekeur. Opposisiepartye soos die DA, VF Plus, die IVP en die ACDP is teen die wet gekant want die wet beteken in wese dat die regering op alle eiendom kan beslag lê. Zuma wat sy voorlegging virtueel gedoen het, het gesê grond het ‘n probleem geword sedert Jan van Riebeeck want tans word net die helfte van die probleem met die wetsontwerp aangespreek. Volgens die hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, is onteiening sonder vergoeding staatsgoedgekeurde diefstal en gewettigde plundering wat kan lei tot die skending van menseregte.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×