Oudpresident Jacob Zuma se tweede poging om ‘n beslissing om sy private vervolgings teen president Cyril Ramaphosa tersyde te stel, is deur die die Hoogste Hof van Appèl, in Bloemfontein van die hand gewys.

Zuma beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy versuim het om te reageer op ‘n klag teen die aanklaer Billy Downer.

Die poging om teen die uitspraak te appelleer, is voorheen deur die Hooggeregshof en die Appèlhof van die hand gewys. Volgens Zuma se advokaat, Dali Mpofu, gaan hulle nou die Konstitusionele Hof nader.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×