Die leier van die MK-party, Jacob Zuma, het die party se sekretaris-generaal, Arthur Zwane, uit sy pos verwyder.
‘n Lid van die MK-party, Phumlani Mfeka het die nuus aan die SAUK bevestig.
Zwane het vroeër die jaar van die pos afstand gedoen, maar het kort daarna na die pos teruggekeer toe Zuma nie sy bedanking wou aanvaar nie. Hy het ‘n druk werkslading as rede vir sy bedanking voorgehou. In die jongste verwikkelinge, voer Zuma in ‘n brief aan dat Zwane die party mislei het, en dat hy die reg voorbehou om Zwane met onmiddelike ingang uit die party te skors.