Die Konstitusionele Hof sal vandag virtueel uitspraak lewer in die saak tussen President Cyril Ramaphosa en die gewese president, Jacob Zuma. Dit volg nadat Zuma se prokureurs hulle tot die hoogste hof gewend het nadat ‘n volbank regters bevind het sy poging om Ramaphosa privaat te vervolg, is onwettig en ongrondwetlik. Die saak hou verband met Zuma se aantygings dat Ramaphosa strafregtelik aanspreeklik is vir sy versuim om die Staatsaanklaer Advokaat Billy Downer te laat ondersoek omdat hy Zuma se mediese inligting glo sou uitgelek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×