Die MK-party het sy regspan opdrag gegee om binne én buite Suid-Afrika, stappe te neem met betrekking tot die party se bewerings dat die verkiesing ‘n bedrogspul is. Jacob Zuma, leier van uMkhonto we Sizwe-party, sê ‘n internasionale hof sal genader word.
Volgens hom word die regters in Suid-Afrika kwaad, en word vonnisse uit haat opgelê. Die party se besluit kom nadat sy poging om die uitslag ongeldig te laat verklaar, in die verkiesingshof misluk het. Die Verkiesingskommissie en die Konstitusionele Hof, het aldus Zuma, konkrete bewyse geïgnoreer wat die party se bewerings oor verkiesingsbedrog staaf.