Zwakele Mncwango van die DA ontken hy gaan bedank

 Zwakele Mncwango van die DA ontken hy gaan bedank

Die DA-leier in KwaZulu-Natal, Zwakele Mncwango, het berigte ontken dat hy uit die party gaan bedank.

Die 41-jarige Mncwango gaan nie vir herverkiesing beskikbaar wees op volgende jaar se verkiesingskonferensie nie.

Hy is in 2015 as die party se provinsiale leier verkies.

Mncwango het gesê hy wil op sy doktors-graad fokus en die boek waaraan hy skryf, voltooi.

LeandreAdmin@