Zweli Mkhize sê aansienlik meer as die oorspronklike teikengetal Suid-Afrikaners sal teen Covid-19 ingeënt moet word

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê aansienlik meer as die oorspronklike teikengetal van 40 miljoen Suid-Afrikaners sal teen Covid-19 ingeënt moet word voor groepsimmuniteit bereik word.

Mkhize sê die syfer hang af van die immuniteitsreaksie van die mense wat ingeënt is.

Die eerste miljoen dosisse enstof van die Seruminstituut in Indië word more in die land verwag.

 

Intussen is 5 297 nuwe Covid-19 gevalle geïdentifiseer sedert die laaste verslag.

Daar is nog 318 COVID-19-sterftes gerapporteer.

Oos-Kaap 85

Gauteng 53

Kwa-Zulu Natal 112

Mpumalanga 15

Noordwes 6

Noord-Kaap 3

Wes-Kaap 44.

 

Dit bring die totaal op 43 951 sterftes te staan.

Luister na potgooie hieronder