Die Leeus het Dinsdagaand hul jaarlikse prysuitdeling in Johannesburg gehou, waar Morné van den Berg as agterspeler én speler van die jaar vereer is.

Asenathi Ntlabakanye het ‘n dubbele erkenning ontvang toe hy as voorspeler van die jaar en spelers se speler aangewys is, ondanks sy onlangse tugverhoor wat steeds uitstaande is.

Van den Berg is intussen ook in Rassie Erasmus se Springbok-oefengroep ingesluit vir die komende toets teen Argentinië.

error: Inhoud is beskerm !!