Die saak teen ses beskuldigdes wat ‘n 81-jarige vrou by ‘n versorgings- en aftreeoord in Welkom na bewering mishandel het, is weer in die stad se landdroshof aangehoor.
Vista berig die saak is tot 7 November uitgestel, sodat die beeldmateriaal wat aan die owerhede verskaf is verder ondersoek kan word.
Tydens ‘n vorige hofverskyning is getuig dat die beeldmateriaal toon hoe een van die beskuldigdes, Lynette Brummer, glo bo-op die 81-jarige Bettie Payne, sit en haar mond met kleefband toeplak terwyl die personeel staan en toekyk.
Die ses is op 9 en 14 Julie in hegtenis geneem, en word aangekla van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, mishandeling en die oortreding van die Wet op Ouer Persone.