Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het ‘n afname in polisiemoorde hierdie jaar gerapporteer.
Volgens Masemola het die Suid-Afrikaanse Polisiediens 27 polisiebeamptes hierdie boekjaar aan diens verloor. Dit is ‘n afname van 12 lede van verlede jaar se 39.
Hy sê alhoewel die getal gedaal het, is een lewe steeds te veel.
Hy het die getalle Sondag by die jaarlikse polisie-herdenkingsgeleentheid aangekondig, waar hy hulde aan die gevalle helde en heldinne gebring het.
Masemola doen ‘n beroep op gemeenskapslede om die polisie te help om misdaad en polisiemoorde te beveg.