Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die Wêrelderfenis-besproeiingstruktuurtoekenning aan die Oranje-Vaal Watergebruikersvereniging oorhandig.
Volgens die regering se webtuiste het die Internasionale Kommissie vir Besproeiing en Dreinering die 134 jaar oue Douglas-keerwal in die Noord-Kaap as ‘n Wêrelderfenis-besproeiingstruktuur erken.
Die toekenning erken die historiese besproeiingstelsel en beklemtoon die kulturele, historiese en tegnologiese betekenis daarvan.
Die departement van water en sanitasie se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê dit is die eerste keer dat ‘n Suid-Afrikaanse besproeiingsstruktuur die toekenning ontvang sedert die ontstaan daarvan in 2012.
LUISTER: