Die ATM het gevra dat tienerswangerskappe as ’n nasionale pandemie verklaar word, nadat minstens 2 700 gevalle in een jaar aangemeld is.

Syfers van die Oos-Kaap wys dat 117 meisies tussen 10 en 14 jaar oud van April tot Julie swanger was.

Die party se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die krisis benodig dringende aandag en dat skole wetenskaplik gefundeerde seksonderrig moet bied.

error: Inhoud is beskerm !!