Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het besluit om rentekoerse onveranderd te hou.
Dit hou die repokoers op 7% en die prima uitleenkoers op 10.5%..
Vier lede van die komitee het gestem om die rentekoers onveranderd te hou, terwyl twee lede ʼn verlaging van 25 basispunte verkies het.
Die stap is in lyn met wat die meerderheid van ekonome en ontleders voor die aankondiging voorspel het.