Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n hergeskommelde agterlyn vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks in Wellington onthul, in ‘n span onder leiding van Siya Kolisi.

Sewe veranderinge is aan die beginspan aangebring, met Cobus Reinach en Sacha Feinberg-Mngomezulu as skakelpaar, terwyl Ethan Hooker sy eerste begin in die groen en goud verdien.

Damian Willemse en Canan Moodie vorm die middelveld, Hooker en Cheslin Kolbe op die vleuels, en Aphelele Fassi is op heelagter met Kolisi wat terugkeer na flank langs Pieter-Steph du Toit.

Lood de Jager sluit aan by Ruan Nortje in die tweede ry, terwyl die voorry onveranderd bly, en Jasper Wiese keer terug op nommer agt ná sy skorsing.

error: Inhoud is beskerm !!