Die Amerikaanse laatnag-geselsprogram Jimmy Kimmel Live! is van die lug af. Dit weens kommentaar wat die aanbieder, Jimmy Kimmel, gemaak het oor die moord op die konserwatiewe politiese aktivis en skrywer, Charlie Kirk.

Die stap kom ure nadat die Amerikaanse regering gedreig het om ABC-filiale wat Kimmel se program uitsaai se lisensies te kanselleer.

Volgens Maroela Media is die verwydering van die program deur sommiges as regeringsensuur bestempel, maar president Donald Trump het dit verwelkom.

Kimmel het beeldmateriaal gewys van Trump wat van ʼn vraag oor hoe hy deur Kirk se dood geraak is, oorgaan na ʼn gesprek oor die nuwe balsaal wat hy by die Withuis bou. Kimmel sê dit is nie hoe ʼn volwassene treur oor die moord op ‘n vriend nie, maar eerder hoe ʼn vierjarige oor ʼn goudvis treur.

Kimmel het nie onmiddellik kommentaar gelewer nie, en sy verteenwoordigers het nie op AFP-navrae gereageer nie.

error: Inhoud is beskerm !!