Suid-Afrika het die Wêreldkampioenskap van Legendes gewen nadat hulle Pakistan met nege paaltjies getrap het op Edgbaston.
Pakistan het eerste gekolf en 195 / 5 opgestapel maar dit was die Speler van die Toernooi wat ook met nog vier ander toekennings beloon is AB de Villiers wat weereens ’n spogvertoning gelewer het met ’n briljante 120* van 60 balle wat 12 viere en sewe sesse ingesluit het.
De Villiers en JP Duminy wat ook ’n vinnige 50* bygedra het, het die wenlopies in die 17de boulbeurt geslaan.