ʼn Uitgebreide see-, lug- en kuslynsoektog het tot in die vroeë oggendure voortgeduur in die hoop om die vermiste vlieërplankryer, Graham Howes van Bloubergstrand, op te spoor.

owes het Sondagmiddag met sy branderplank en seil die see by Eden on the Bay ingegaan. Hy is die laaste keer omstreeks 13:00 daar gesien. Volgens sy familie sou hy teen laatmiddag na die huis terugkeer, maar hy is nooit weer gesien nie.

Die woordvoerder van die Nasionale Seereddersinstituut, Craig Lambinon, sê bemanning is onmiddellik met die reddingsvaartuig die see in, terwyl ander strandpatrollies gelyktydig uitgevoer is.

Maroela Media berig weerstoestande, windrigting en seestrome het veroorsaak dat die soekgebied tot ver buite Bloubergstrand uitgebrei is.

error: Inhoud is beskerm !!