Drie nuwelinge is in die Protea-groep ingesluit vir die opkomende reekse in Nieu-Seeland en Asutralië.
Juanita du Plessis, Entle Futshane en Nozipho Ntshangase wat almal verdedigers is, se name is deel van die 15 uitverkorenes. Dié trio speel onderskeidelik vir die Oos-Kaapse Aloes , Southern Stings en die Kingdom Starts.
Die ervare Shadine van der Merwe – met 70 toetse agter haar naam – is ook terug nadat sy laas in 2023 vir die Proteas in die Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad op die baan was.
Die onderkaptein Karla Pretorius rus nog uit terwyl Syntiche Kabuya nie beskikbaar is nie en Boitumelo Mahloko steeds las dra van ’n besering.
Suid-Afrika wat tans vyfde op die wêreldranglys is vat die nommer twee span Auckland volgende maand aan waarna die nommer een Australië Oktober op hulle wag.