Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verseker Suid-Afrikaners dat die konsep-nasionale kredietregulasies nie daarop gemik is om studente of individue met studieskuld te benadeel nie.

Daar is kommer geopper dat die voorstelle jong mense met lenings kan raak.

Tau beklemtoon dat die regulasies, wat verlede maand vir openbare kommentaar gepubliseer is, bedoel is om toegang tot finansiering vir mikro-, klein- en mediumondernemings uit te brei.

Die departement sê beter finansiering is noodsaaklik vir hierdie ondernemings vir inklusiewe ekonomiese groei. Kommentaar sluit op 12 September.

error: Inhoud is beskerm !!