Die Proteas het die grootste nederlaag nog in internasionale eendagkrieket ervaar, toe hulle met 342 lopies verloor het teen Engeland in Southampton.

Jacob Bethell, Joe Root en Jos Buttler het die Suid-Afrikaanse boulers verpletter, en meer as 400 lopies op die telbord geplaas.

Keshav Maharaj en Corbin Bosch het elk twee paaltjies geneem, terwyl kaptein, Temba Bavuma, weens ‘n kuitbesering nie kon kolf nie.

Jofra Archer en Adil Rashid het die Proteas se laaste hoop laat verdwyn en die besoekers tot net 72 lopies beperk, al was die reeks gelukkig reeds op Lord’s beklink.

error: Inhoud is beskerm !!