Die Springbokke sal ’n nuwe voorry inspan vir Saterdag se kragmeting teen Georgië met die debutante Boan Venter, Marnus van der Merwe en Neethling Fouché wat hul buiging gaan maak.
Die Bulle-slot Cobus Wese vervang sy broer Jasper op agsteman wat vir vier wedstryde geskors is weens die kopstamp-voorval teen Italië die afgelope naweek.
Siya Kolisi is terug as kaptein terwyl net vyf spelers wat die Azzurri afgeransel het hul plekke behou het.
Die span is: Aphele Fassi, Edwill van der Merwe, Canan Moodie, Damian de Allende, Kurt-Lee Arendse, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Grant Williams, Cobus Wiese, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Ruan Nortjé, Eben Etzebeth, Neethling Fouché, Marnus van der Merwe en Boan Venter.
Die plaasvervangers is: Bongi Mbonambi, Thomas du Toit, Vincent Koch, RG Snyman, Kwagga Smith, Faf de Klerk, Handré Pollard en Damian Willemse.
Afskoptyd in die Mbombela-stadion is 17:10.