Jannik Sinner het na die laaste 16 van die Italiaanse Ope deurgedring met ‘n skoon tweestel oorwinning oor Jesper de Jong – en sal nou weer in ‘n taai herontmoeting wees met Francisco Cerundolo wat hom verlede jaar in dieselfde ronde uitgestof het.
Sinner – die wêreld se beste speler – wat sopas teruggekeer het van ‘n skorsing weens die gebruik van ‘n verbode middel, bevind homself nou weereens in ‘n kontroversie waar die nuwe pous Leo XIV tydens ‘n mediakonferensie en wel op ‘n humoristiese wyse diè Italianer sou “verban” het om in ‘n liefdadigheids wedstryd te speel indien die 69-jarige pous as ‘n ambassadeur daarby betrokke sou wees.
Intussen het Jasmine Paolini die vroue se kwarteindronde bereik waar sy Jelena Ostapenko met 7 – 5 en 6 – 2 gestuit het en nou gereed maak vir haar aanslag teen Diana Schnaider van Rusland wat ook maklik klaargespeel het met die Belg Elise Mertens.
Aryna Sabalenka wat ‘n derde WTA 1000-titel hierdie seisoen jaag het verby Marta Kostyuk geseil en ontmoet nou Qinwen Zheng nádat die verdedigende kampioen Iga Swiatek vroeër die handdoek moes ingooi.