Chidimma Adetshina het aan die Mej SA-kompetisie onttrek.
Dit volg nadat die departement van binnelandse sake gister aangekondig het dat daar redes is om te glo haar ma het moontlik bedrog en identiteitsdiefstal gepleeg.
LEES MEER: Mej SA finalis se ma is dalk nie wie sy se sy is nie
Volgens SABC News het Adetshina in ‘n verklaring gese dat dit ‘n wonderlike reis was om deel van die Mej Suid-Afrika 2024 kompetisie te kon wees. Maar dat sy vir haar eie en haar gesin se veiligheid en welstand onttrek.