Hoewel daar nog baie petrol deur die pompe moet loop, steek Investec se hoofekonoom nou reeds nek uit oor die moontlikheid van onbeduidende brandstofprys-veranderings vir Juniemaand. NewsKoop berig Annabel Bishop verduidelik die faktore wat hierop dui, sluit positiewe tendense in wêreld-oliepryse, asook die rand se onlangse stewiger vertoning, in.

Bishop sê wêreldwyd toon oliepryse die afgelope week ‘n afname. Dít weens ‘n verlangsaming van die verwagte rentekoersverlaging-siklus in die VSA, wat aanleiding tot ‘n beduidende afname in die vraag na olie kan meebring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×