Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê oudpresident Jacob Zuma moet sy dissiplinêre prosesse nakom. Ramaphosa het gister na van sy veldtogroete in Nomzamo in die Strand buite Kaapstad gepraat. Zuma sal na verwagting Dinsdag voor die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy die ANC se grondwet oortree het toe hy die uMkhonto weSizwe-party in die openbaar ondersteun het en toe hy op die kandidatelys vir die party verskyn het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×