Daar is volgens die VF Plus, géén bybedoelings met die oud-Bloemfonteiner, Steve Hofmeyr as stemkunstenaar vir een van sy verkiesingsveldtog-advertensies nie. VF Plus-woordvoerder, Wouter Wessels, verduidelik aan netwerk24 hulle maak gebruik van verskeie stemkunstenaars vir advertensies, en dat sommige van die stemme meer bekend
is aan die publiek, as ander.

Die politieke kenner, professor Theo Neethling, glo dat die party veilig speel, met die gebruik van Hofmeyr se stem. Neethling – wie aan die Vrystaatse universiteit verbonde is – sê hoewel Hofmeyr deur sommige as omstrede beskou word, geniet hy wel groot aanhang onder baie Afrikaners.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×